Copyright © 2008 AGS Waterkloof

AGS WATERKLOOF

 
 

 

SELGROEPE

Selgroepe is vir ons baie belangrik in die gemeente en ons wil graag hê dat almal waar moontlik by ’n selgroep moet inskakel. Dit is die maklikste manier om deel te word van die gemeente en vinnig ander mense in die gemeente te leer ken. ‘n Selgroep is Kerk in die gemeenskap. Die sel bied die primêre steun en versorging aan die lede  - in siekte, nood, fisies en geestelik.  In die sel leer die lede mekaar goed ken en vertrou en ondersteun mekaar deur al die op en af tye.

Selle is ook 'n uitreikaksie om die mense wat die Here nie ken nie, te bereik, te versorg en te laat groei. 'n Sel is volledig kerk van die Here,  Liggaam van Christus. ’n Tipiese selgroep bestaan uit 5-7 gesinne wat een keer per week bymekaarkom. Hierdie selle is óf geografies saamgestel óf volgens belangegroepe. Een van die groeplede tree as selleier op. Die selleier word vir sy taak toegerus deur die selleierkursus in die gemeente by te woon.

Tans bestaan die volgende selgroepe:

Naam van selleier

Tel

Aard van groep

Carien Opperman

083 259 3879

Tieners

Corneille Rocher

083 580 1803

Werkendes en studerendes

Albert en Lida Mostert

082 940 7100

Waterkloof Glen

Hein en Alta Kotze

082 853 2636

Waterkloof

Johan en Maryna Verwey

082 495 5722

Moreletta Park

René en Gerrit Basson

083 226 4233

Groter Ooste

Eugene en Wanda Beneke

082 452 5047

Moreletta Park

 

Webtuiste   |   Padkaart   |   Selgroepe   |   Kontak Ons    |   Gebedsversoeke