TANDESTOKKIE
Om die goeie eienskappe van ander vir jouself uit te haal!
REKKIE
Om jou te herinner om buigsaam te wees, alles werk nie altyd uit soos jy dit wil hê nie, maar God het dit dalk anders beskik!.
Hegpleister
Dalk het jy iemand seergemaak. Jy moet iets doen en gee om die wonde te heel!
POTLOOD
om elke dag jou seëninge mee aan te teken!
UITVEëR
Om jou te herinner dat enigiemand 'n fout kan maak –
Jy ook!
KOUGOM
Om jou te herinner om vas te byt
Het jy dan nie vir God aan jou kant nie?
PEPERMENT
Om jou te herinner dat alles wat jy sê, 'n aangename geur moet hê!
'n Soetigheidjie
Onthou, elke mens het elke dag so 'n lekseltjie aanmoediging nodig. As jy dit nie kry nie, lees gerus God se Woord!
TEESAKKIE
Om jou te herinner om aan die einde van jou werkdag te ontspan en aan al jou seëninge te dink!