Copyright © 2008 AGS Waterkloof

AGS WATERKLOOF

 

 

Julle is baie Besonders

Anton en Lisa

 

AGS Waterkloof is trots op julle.

Hulle het mekaar tydens ‘n see vakansie aan die suidkus ontmoet 3 jaar terug. En soos die toeval dit wou hê is Anton se beste vriend en Lisa se beste vriendin broer en suster, maar nooit het hulle vanmekaar geweet nie. Na die ontmoeting het ‘n verhouding ontstaan en die volgende jaar Julie het hulle verloof geraak en is in Desember getroud.

Anton werk as ‘n tegnikus vir ongeveer 2 jaar al vir ‘n maatskappy met die naam Fleetco. Hulle is doenig met Tachographs en Fleetmanagement op vragmotors. Terwyl Lisa as ‘n Draughtsperson by Vela VKE werk. Ons is beide lief vir rustigheid en geniet dit soms om net buite te sit en gesels. Hulle stokperdjies verskil tog hemels breed. Anton is vreeslik tegnies aangelê, so as hy ‘n ding kan uitmekaar haal en uitfigure hoe dit moet werk is hy heel gelukkig. Lisa is weer mal oor sport en scrapbooking (op haar manier). Anton hou hom op die oomblik besig om homself te leer "Chips" Programmeer, terwyl Lisa nie op die oomblik enige iets het om haar mee besig te hou behalwe om vir Christo ( hulle baba seuntjie) te wag en dingetjies gereed te kry. Hulle verwag vir Christo so teen die einde van Maart begin April.  "Hopelik eerder Maart - Lisa".

Op Geestelike vlak: "Ons is albei baie lief vir Christus en probeer om elke dag meer in Sy Wil te lewe. Jesus is ons verlosser en Saligmaker en die GOD op wie ons ons Hoop en Vertroue gestel het. Ons gaan ons seun en toekomstige kinders met die waardes groot maak."

 

 

Webtuiste   |   Padkaart   |   Selgroepe   |   Kontak Ons    |   Gebedsversoeke