Waterkloof gemeente is geleë in die Ooste van Pretoria en ons glo dat ons hier geplaas is met ’n spesifieke taak en doel. Dit is vir ons baie belangrik dat ons as gemeente ’n invloed moet uitoefen op almal met wie ons in aanraking kom. Dit beteken dat ons nie net in die gemeenskap sigbaar wil wees nie, maar dat ons in die gemeente ook by mekaar betrokke wil wees. Ons glo dat die gemeente altyd ’n familie- karakter moet behou waar elkeen ’n plek het en gemis word as hy/sy nie daar is nie! Die tyd waarin ons lewe stel hoë eise aan almal en ons glo dat die kerk ’n belangrike rol te speel het in dié verband. Die kerk moet mense toerus om aan die eise van die lewe te voldoen – nie net op ’n geestelike vlak nie, maar in alle fasette van hul lewe. As ’n mens Christus ontmoet het, kan jou lewe nooit weer dieselfde wees nie. Jy word verander en verryk!
DIENSTYE
Sondagoggend:.................. 09h00
Koffie en tee gratis in die saal na die diens, die beste in die Ooste!!.
Kinderkerk tydens die diens:____________09h00
Sondagaand diens gefokus op die Jeug___18h00
Kontak die Kerkkantoor vir meer inligting
GEBED
Die gemeente kan nie sonder gebed voortbestaan nie. Gebed is die basis waarop die gemeente gebou is. Daar word tydens die dienste in die gemeente vir siekte en behoeftes gebid, want ons glo dat God vandag nog gebede beantwoord.
Afgesien van lidmate se persoonlike gebedslewe, is daar ook ’n aantal gebedsaksies wat in die gemeente plaasvind:
• Skole gebedsaksie
• Inskakeling by nasionale en internasionale gebedsaksies
Kontak gerus vir:
Pst. Stephan Zeelie
as jy meer wil weet van die gemeente se gebedsaksies 083 6200018